Jongste aktiwiteit:

‘n Raaiselagtige vrou

ʼn Raaiselagtige vrou
Haar woorde is min
net haar dagboek weet waar het alles begin.
Waar ink op blaaie geheime besin,
is haar woorde in raaisels vir min gegun

Kinderlike vreugde skyn deur haar
met gedagtes wat sy soos goud bewaar,
haar hart bly maak beswaar
net gelukkiges sal haar kan verklaar

Blou oë blou soos ys
met liefde bou sy graag vir haar ʼn paradys
en sal gou na enige ander verhuis,
as die siel voel hy is tuis.

Liefde gee sy aan almal
dis hoe sy herinneringe versamel
altyd bly sy kalm
selfs storms kan om haar weergalm

Vredemaker sal sy bly,
al sal die wêreld terug baklei,
maar niks sal haar onderkry
dit is in haar glimlag wat jy die antwoord kry

Charnê Harding




10 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed