My Taal
Vars gepluk lê die woorde
wat blom op my tong
en wag op geboorte
om vrug te word.
My taal
wat ek bou uit my gees
wat vorm uit emosie
waar my siel beelde vaslê.
Sodat afrikaanse nageslag
Dit wat ek plant, water kan gee
en op sal laat kom
om te groei tot worteldiep anker.
Waar dit onsterflik voort sal leef…
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.