Jongste aktiwiteit:

Liefdesverklaring van die wind

Saggies roer die wind ritmies deur die lug
laat blare en takke op sy liefdesroep dans.
Versigtig vang hy my hare en tel dit vrolik op
en laat glip dit grasieus deur sy vingers.

Tintelind kom streel hy oor my vel…
kom wek in my n rilling wat teen my rug afgly.
Vly hy hom sag oor my somerkleur rok
En vou om die kurwes van my kuit.

Verleidelik speel hy met alles om hom heen,
Maar vertoon hy sonder sig.
Met sekerheid maak hy bekend, dat hy wel bestaan
En dat ieder hom daadwerklik sal voel.
Paula Paxton©




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed