Kiekies
Vasgekeer in n boks,
Vind jy jare se leef, van eens jong siele,
menswees vasgevang, op wit, swart en ook kleur
maar nou vir ewig verlore, belaai met stof op die solder.
Saai hande deur kiekies, dof gevat met vingerdrukke
Herleef jy lief en leed van voorgangers onbekend
Maar tog bloedverwant aan jou.
Besef jy met hartroering, dat jy net soos hul
In toekomstye, net n kiekie van heimwee sal wees
Vir hul wat nog sal kom gebore uit jou bloed en vlees.
Sal jou kinders se kinders jou naam nog op hul lippe hê,
maar mettertyd sal jy vervaag, geen herinnering meer wees.
maar net n naam met oue datums
op n granietblad ingeets.
Paula Paxton©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.