verteer
verterend is haat
dié haat wat jou denke beset
elke oomblik van kwaad wees
wat jou hele wese daarin klem
hoe vreeslik is die toorn bevat
in Sy oordeel oor die haat
selde vind iemand baat
deur iemand te haat
al skreeu elke grein
van jou hart en siel
teen iets of iemand
die oordeel is nie
joune om te vel
om eerlik in liefde
te leef – teenoor haat
om die verkeerde te vermy
dit uit jou lewe te verban
is beter as om dit aktief
te probeer haat
want – haat
maak mens
bitter
sal jy eerder
in liefde
of in haat
verbitter
jou lewe slyt
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.