Lelik is ook mooi
Lelik is ook mooi
Klein bondeltjie nog geel,
skarel jy oor die vlak.
Onder ma se vlerk
is alle gevare beperk.
Tussen baie ander
veg jy om te oorleef,
selfs teen ’n wilde kat
wat die ander kuikens se lewens kom roof.
Weke later, tog nog klein,
stap jy, dapper vegter,
groter as ’n valk.
Donsies word nou vere,
lelik word jy gedoop.
Jy maar nog net ’n kuiken,
maar jy leef reeds al meer
as die normale lewe van die mens.
Eers was jy mooi,
tans nog lelik,
maar lelik is ook mooi.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.