
ONS LEGKAART
ONS LEGKAART
Waar is jy in my eensame dag
waar is jy in my donker nag
verlore op my eensame vaart
jou ontdek in my mooi legkaart
my lewe is heeltemal apart
bring nuwe liefde in my hart
ons legkaart het ons saam verbind
ons legkaart het ons mekaar laat vind
met sagte soentjies van verlange
dwaal jy diep in my hart se gange
roer my diep in my hart se snare
diep liefde vloei deur al my are
soek ek na jou al die jare
@Eleen van Deventer Vorster
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.