asem
filosofies
die religieuse
of wetenskaplike
beskouing daarvan
onwillekerig soek mens
na sy betekenis in die lewe
waarom is ek hier?
wtenskap
kan dit nie bepaal
filosofieë se vraagstukke
verander legio keer
sielkundiges wil
dit verklaar
in vreesbestuur
vrees vir die dood
die chaotiese situasie
oor die onvermoë
van die mens
om homself
te verklaar
word
simptomaties
van die waarde
van een menselewe
wat in ons tyd heers
en tog…
ten spyte van
alle sogenaamde
moderne insigte, gesigte
is die mens onlosmaaklik
die boonste vlak
van alles wat
bestaan
besit
hy
alleen
die “asem”
wat die Skepper
of “Hoër Hand”
in hom geblaas het
wat bepalend is:
wetenskaplik
religieus
filosofies
geen mens
kan dit ontkom
of ontken
dit is in
sy DNA
en dit is
slegs aan hom
geleen
© Tearlach.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.