
Die Seder
Die Seder.
Ek is ‘n trotse seder
van die Libanon
uit die geslag
naaldboom of pynboom en
van die bome se adelstand—
Ek staan koninklik fier
met my hoë gespitste top wat tot
agtien meter hemelwaarts uittroon
en soos ‘n vermanende vinger
jou arrogansie teregwys met
onthou, ek was die dakspar
in Salomo se tempel, die Libanon
se uitverkore timmerhout, en
as pynboom dalk sy kruis?
Elke vooraanstaande wat sterf is
‘n seder wat geval het, ‘n pluimpie en
veertjie in die hoed op my statuur as
bloubloed adelike —
Janetta – Helena [Babs]©
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.