
Steenoog ‘n traan
Waar die glinster
van die reӫn
oor veryste been
stil gaan lӗ
in vertrapte steen
Dryf my gedagtes rond
in hierdie kleihardheid
sien ek my sieӗlbeeld
weerloos in jou oӗ se bont
Voel ek die trilling en tromme
van trane teen my hartkamer se ruit
geen warme gloed deur
venster’spleet of deur
In die nagwind
se taai afloop teen koue klip
steenoog ‘n traan
wat my oog nog wil ween
4 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Sjoe Palet staande applous hiervoor