Toe ontmoet ek jou
‘n Begeertes-kreet skeur deur my gemoed
Verpletter al my drome en die dinge waarna ek soek
Toe ontmoet ek jou!
My hart rou geskree na liefde
Hees stem en modder-streep trane
Toe ontmoet ek jou!
Gebreekte sonstraal-vingers geknak deur dik gordyne
Verlange-gebede in die donkerte, kamer sonder kosyne
Toe ontmoet ek jou!
Ek wil jou met my lyf toevou
Jou beeldskoon onder kerslig aanskou
Speel jou asem oor my bors
Leen my jou hartklop en les my liefdes-dors
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.