Skilderdoek klonte
Swart koffie drup
filter ink
Swart vlekke
wat in my siel insink
Versuip en smeer
Smeer die gedagtes en visioene
Deurmekaar in kleur klonte
op ‘n hoop, in ‘n hoek
Met vuil vingers
smeer dit op
my skilderdoek
Verf strepe buite die lyne
Slordige spatsels van random verlange
Leë siele lê rond in tente
Voos geworstel met hul engele
My siel plof in die stof
en val op sy knieë neer
Dit gil en met kramp vingers
grou dit in my verstand se seer
Grou in skadu silhouette van visioene
Van gister, vandag en môre se seisoene
‘n Smeek kreet
breuk deur glas trane
Vryf blink splinters
oor alreeds seer verlange
Wat is hierdie uitlok drange?
Na dieper, diepste
gedagtes en visioene
in lang leë gange
Wat wil Jy hê God?
Dat hierdie gawe
so diep moet ingrawe
Dat grondwater deur krake sypelend
vloei oor my gedagtes akker
Gee my verlossing
en ruk my wakker
3 Kommentare
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Oktober projek
-
Palet
Pragtige kunswerk!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie mooi, ek hou van die smeekbede op die einde