Drome
Drome
Ek droom van ‘n lente
waar reëndruppels pienk
perskebloeisels neervlei
oor sagte grond.
Ek droom van sagte winde
wat die lente saai
met geure van
laventel en jasmyn.
Ek droom van seisoene
roosblaarsag –
waar sy liefde my
immer sag omhels
en sy soene my verlei,
… ek droom …
Kopiereg Liz Barnard 2016 Bela-Bela
4 Kommentare
-
-
Anze
sagte woorde uit die hart, mens voel die lente gevoel in jou mooi gedig
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Mooi