Alcatraz
Op ‘n verlate eiland
het ek na jou gedelf
maar al wat ek kon kry
was versteende ghwano
op die venserbanke
van ‘n gepansterde
Alcatraz.
Swart tralies het
jubelklanke toegespin
terwyl die kras van die seemeeue
die bleek uit my irisse steel
en verdwaalde krappe
het sku onder die gruis
van my voete kom teel.
© Anzé Bezuidenhout
4 Kommentare
-
neels
Daar was n fliek, birdman of Alcatraz met Burt Lancaster in die hoofrol. Die fliek het gegaan oor n gevangene met n lewnslange vonniswat voëls in die tronk begin bestudeer het
-
Ronel Janse van Vuuren
Wow! Hou van die beelde wat jy skilder.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Palet
Flikker die druppels van verlange in die gedig...baie mooi