Moenie te hoog vlieg nie, my klein voëltjie
Reeds oud, stap hy alleen deur die park,
Na die bank waar hy na donker gaan slaap.
Toe hy ‘n voël hoog in die boom hoor,
Sê hy sag: “Luister goed na my woorde,
Sodat die lewe jou nie breek nie.”
Moenie te hoog vlieg nie, Tinktinkie,
Want as jy dit probeer, sal jy seer kry.
Jy sal jou vlerke brand,
Wanneer jy na die son reik.
Moenie te hoog vlieg nie, my klein voëltjie,
Jou eensame gehuil word nie gehoor nie.
Jy gaan op die grond neerstort,
Want trots kom tot ’n val.
Toe het die klein voëltjie gevlieg
Van die boom na die ou man se knie.
Net ‘n stukkie brood was al wat hy had,
Maar hy gee dit en sê vir die voëltjie:
Moenie te hoog vlieg nie, Tinktinkie,
Want as jy probeer, kan jy seer kry.
Jy sal jou vlerke brand,
As jy na die son reik.
Moenie te hoog vlieg nie, my klein voëltjie,
Jou eensame roep word nie gehoor nie.
Jy sal na die grond toe tuimel,
Want trots kom tot ’n val.
Toe een oggend gaan die ou man
Na die snelweg waar motors verbygaan.
Hy kon nie sy vriend van die dood red,
Wat gesterf het terwyl hy hom vashou,
Omdat sy vlerke gebroke was…
Moenie te hoog vlieg nie, Tinktinkie,
Want as jy probeer, kan jy seer kry.
Jy sal jou vlerke brand,
Wanneer jy na die son reik.
Moenie te hoog vlieg nie, my klein voëltjie,
Jou eensame gehuil word nie gehoor nie.
Jy sal na die grond toe tuimel…
Want trots kom tot ‘n val.
© Tearlach.
(Vrye verwerking van Joanna Field se liedjie: “Do not fly too high, my little bird”)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.