Jongste aktiwiteit:

Ek wens

Ek wens ek was vry
om saam met die stof
op die grondpad
êrens heen te ry.

Ek wens ek kon dans
saam met die reën druppels
op die warm teerpad
al voel dit hoe simpel.

Ek wens ek kon toer
saam met die wind
plekke en mense ontmoet
vergete dorpe vind.

Ek wens ek kon passie hê
soos die son sy strale uitlê
alles lig, lewe en prag gee
saam met hom die horison aftree.

Ek wens ek luister na elke wens
soos die stille, wyse ronde maan
saam met haar elke oggend gaan
tot waar die sterre haar grens.

Ek wens vir ‘n lewe vol van betekkenis.
Ek wens vir ‘n lewe vol van liefde.
Ek wens vir ‘n lewe vol van regte foute.
Ek wens vir ‘n lewe vol van die wense.
Ek wens vir ‘n lewe vol van mens wees.

(c) Regardt Belo




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed