Perfek ek
Deur jou oë
versplinter my wereld
in duisend gebreekte stukkies,
lê my lewe in die stof.
deur jou oë
buig my rug krom,
beur die laste en kommer
soos twee wateremmers
my skouers buffelskof.
deur jou oë
het ek my trots verloor,
is ek net nog ‘n nommer
verlore op ‘n stormsee.
ek wil so graag
modderklei oor jou blinde oë smeer;
jou weer laat sien…
deur my oë
deur my oë
is ek
perfek ek.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.