Liefste Ma
Liefste ma
Die gille vul my drome.
Die gille breek die stilte.
Die gille stap die gange.
Die gille sis wakker oë.
Ek onthou die eerste donker uur.
Ek onthou die eerste donker aand.
Ek onthou die eerste donker kamer.
Ek onthou die eerste donker monster.
Ek lê wakker op my bed.
Ek lê in my swygende kamer.
Ek lê in my donker huis en luister.
Ek lê en hoor hoe gister se gille fluister.
Ek het gehoor hoe jy smeek.
Ek het geluister hoe jy opgee.
Ek het gehoor hoe jou lyf breek.
Ek het geluister hoe jou knieë ingee.
Ek het gesien hoe jy vir jou foute bloei.
Ek het gesien hoe jy vir jou einde bid.
Ek het gesien hoe jy vir jou spieël kyk.
Ek het gesien hoe jy vir jou lewe baklei.
Ek kon voel hoe elke hou jou kraak.
Ek kon voel hoe elke hou jou raak.
Ek kon voel hoe elke hou jou vind.
Ek kon voel hoe elke hou jou verslint.
Jou oë was ‘n dooie kleur.
Dood eenvoudig opgegee.
Jou oë was reeds dood.
Dood eenvoudig ingegee.
Soos ‘n roos verander in dorings.
Soos ‘n dam verander in krake.
Soos ‘n dag verander in nag.
Soos ‘n belofte verander in leuens .
Ek het dit daai aand gesien.
Ek het dit daai aand gehoor.
Ek het dit daai aand gevoel.
Geweteloos jou siel geknak.
(C) Regardt Belo
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.