Half en half maak ‘n heel
Half en half maak heel
Wat is ‘n half sonder ‘n plus som
Wat is ‘n een hele gedeel deur twee
Wat is ‘n kus sonder ‘n stukkie see
Wat is ‘n oggend afwesig van ‘n horison
Wat sou lewe sonder dood wees
Wat sou emosielose gedigte lees
Wat sou wysheid sonder ‘n fout leer
Wat sou niks verstaan sonder meer
Wie sou soek sonder vrae
Wie sou plant sonder reën
Wie sou huil sonder seer
Wie sou mis sonder om te treur
Hoe ken die oog pragtig se waarde
Hoe ken die hart lelik se gaarde
Hoe ken die on…geluk sonder om te heg
Hoe ken die vrede, stilte,sonder ‘n geveg
Wat sal vergeet weer onthou
Wat sal verloor probeer behou
Wat sal ‘n brieflose koevert verdra
Wat sal die waarheid alleen oor kla
Die stof sal bedaar sonder die wind
Die koning sonder twee oë bly blind
Die gras bly vaal sonder sy groen kleur
Die uil het sy wysheid by muise geleer
Stik-stof
Suur-stof
Reg of verkeerd
Hart-seer
Bly…seer
Mooi of lelik
Op-staan
Ver-staan
Grondpad of teerpad
Half het bestaan danksy sy beter helfte
(C) Regardt
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.