Verspeelde tyd
Korrel vir korrel verlore stryd
sypel die uurglas se sand
in ‘n wedloop teen tyd.
Verlore sekondes;
verspilde seesand
gly soos satyn
deur die vingers van my hand.
Vader tyd strompel voort;
sonder omkyk of keer
begin jou sandkasteelglasie
se sypel maar weer.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Februarie 2019 projek - TYD