Twee rooi spore
Twee rooi spore
Geelgoud gras, plek-plek gesaai.
Rooi duine, ingekleur met geel duwweltjieblom,
oor die Kalahariduin wanneer die reën kom seën.
Iewers daar op ’n tweespoorpad
het ek eens my hart verloor.
Jare later weer gevind
en besef dit was die liefde
vir ’n rooi Kalahariduin.
Nou hier op kalkkliprante en fonteine,
tussen berge en groen vlaktes,
leef my hart nou voort.
Maar iewers binne-in my
lê my liefde steeds
op ’n rooi spoorpad.
©️ Ryno du Plessis 2026
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.