Jongste aktiwiteit:

JUNIE 2026 – STREEK/OMGEWING PROJEK

Beste INKers

Ek persoonlik dink dat onderwerpe oor die winter nou reeds al oorskryf, herskryf en deurgeskryf is, en dat geen Afrikaans-goedgesinde verder water uit daardie klip wil tap nie.

Alhoewel ons dáárdie seisoen nou kouvoetlik binneloop, wil en gaan ons dit nie weer of verder verken nie.

Ek lees onlangs ‘n heerlike artikel oor die oorsprong van streekname en skielik ontkiem die idee vir hierdie maand se uitdaging.

Die “Hantam” byvoorbeeld, is ‘n Khoekhoe woord wat beteken “berge waar die uintjies groei”.

Hierdie maand wil ek vra dat jy so ‘n voorbeeld ondersoek, en dit mag ook fiktief wees, waar jy oor ‘n streek of omgewing skryf, met innoverende betekenis agter die naam van die streek waaroor jy skryf.
 
Gedigte:

  1. Skep / Ondersoek ‘n streek in ons land en dig daaroor.
  2. Jou vers mag nie langer as 12 versreëls hê nie.
  3. Jou vers mag GEHEEL fiktief wees, maar onthou om die inhoud te motiveer.
  4. Jy mag ook oor ‘n bestaande streek dig, maar ondersoek die ontstaan van die naam en waarom dit so genoem is.
  5. Jy mag streekdialek gebruik om jou vers in te kleur. Maak ‘n asteriks-voet indien jy enige gedeelte van jou vers wil verduidelik.

PROSA:

  1. Skep of ondersoek ‘n streek in ons land en skryf daaroor.
  2. Minder as 800 woorde.
  3. Jou skrywe mag fiktief wees.

VERHALE:

  1. Skep ‘n streek- / periode verhaal.
  2. Nie meer as 1500 woorde nie.
  3. Let op spelling, konstruksie en punktuasie.

Innoverende mense skryf in Afrikaans.

Skryfgroete
Projekbestuurder

*ONTHOU SLEGS 2 INSKRYWINGS BY GEDIGTE EN VERHALE AFDELING EN 3 INSKRYWINGS BY DIE PROSA AFDELING PER LID ASB. ELKE LID MOET OOK ASB SY STERGRADERING VIR ONS DEURGEE AAN DIE BOKANT VAN SY/HAAR GEDIG PUBLIKASIES ASOOK DIE WOORDETAL VAN JOU PROSA EN VERHAAL PUBLIKASIES. LET OOK ASB DAAROP OM JOU NAAM ONDER AAN JOU PLASING TE SIT ASB.




Woorde is my asem en skryf my passie!!! Ek waardeer elke stukkie kritiek, verkieslik positief, maar kan die negatiewe ook hanteer. Dankie dat jy die tyd neem om na my werke te kyk en dit te beoordeel. Ek is n Boeremeisie in murg en been... mal oor die wye natuur van plaaslewe wat my omring Ek is getroud met die wonderlikste man (Willie). Ons is geseend met 3 pragtige dogters en 'n kleinseun en 3 kleindogters. My verhouding tot my Skepper loop baie diep en ek dank Hom elke dag vir al die voorregte en genade gawes wat ek so onverdiend ontvang... Loutering is deel van my lewe en ook daarvoor dank ek Hom daagliks want dit maak dat daar altyd groei in my lewe is...

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed