Vallei van ‘n Duisend Heuwels (Goud)
It is said that the American Author Mark Twain was traveling…in 1896 (and) glimpsed out through his train window at the beautiful landscape and remarked to his colleagues that there appears to be “a Valley with a 1000 Hills in it”, somehow this name stuck.
Op hierdie stuk aarde het erosie mooi gemaak
en ‘n paradys met heuwels, valleie en kranse
geskep
Hier fluister-roep vervloeë geskiedenis van
knarsende ossewawiele en oorlogskrete steeds
saggies indien jy jou instel om te hoor
Wanneer jou oog gly oor die rollende heuwels
die asembenemende tonele van groen skakerings
en hoekige kranse teen blou Afrika-hemel
Kan jy maar net omdraai
en gaan (probeer) dig oor die tydloosheid van
die Vallei van ‘n Duisend Heuwels
© Elmarie Nienaber Van Kampen, 2026
*Aanhaling uit: 5 Interesting Facts About the Valley of a 1000 Hills” – 1000 Hills Tourism
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.