Ek hoop dit gaan eendag minder seermaak …
vanaand loop jy weer vrylik rond
gestewel en gespoor, in my kop
hoe hard ek ookal mag probeer
ek kan die herinnering nie stop
ek onthou weer elke klein gebaar
jou stem, jou lyf, jou lag
ek onthou hoe het ons planne gemaak
en hoe ek vir jou sou wag
jou stasie-groet was kort en dapper
die trein se rookfluit skril
toe jy my teen jou vasdruk
en my hart ‘n oseaan huil
die tyd was lank en eensaam
en ons glad nie goedgesind
al was ons geluk van korte duur
is ek so dankbaar ek het jou gevind
ek weet jy’s weg vir altyd
die oorlog het jou ingesluk
ek sal jou altyd in my hart dra
jou onthou teen my gemoed vasdruk
ek wil jou nie vergeet nie
en ek het lankal ophou rou
maar ek hoop dit gaan eendag
minder seermaak om jou te onthou
3 Kommentare
-
Evelyn van der Merwe
Ek ditto vir Anze, hierdie is uit die boonste rakke.
-
neels
ek dink Anze en Evelyn het alles gesê
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
sjoe hierdie is die mooiste, diep-seer onthou gedig wat ek in n lang tyd gelees het!!!