Oseaan melodie
Stille neurie-lied van die see
met heimwee gevulde stem
wou haar saggies-sproeiwink
nader steeds nader bly wink
meganies en in tranewaas
sonder ‘n huiwer of versuim
het sy kruipend nader gehaas
Aandagtig sit sy en luister
na onheilspellende woord
neurie sy oor die toekoms
met hartseerwals-akkoord
of sag in suiwer sopraan
in afwagtend’ oor nou fluister
Seewier vleg om enkels
groenslym vasgestrengel
gehurkend, afwagtend
op stem van see-engel
slegs ritmies die tjank
van moedertjie dolfyn
in ‘n hart brand haar pyn
Moeder-oseaan van haar
weerhou jy dalk aspris
verborge in skeepswrak
of wil jy met jou stilswye
moederlik keer- verbied
dat reeds wankelrig’ brug
na haar hart weer verbrand
4 Kommentare
-
Anze
dis n ongelooflike mooi gedig, jou 3de strofe kan amper as n gedig op sy eie baie mooi wees... Pragtig!! (Jy praat so reg uit my hart!)
-
neels
Nou laat jy my darem see toe verlang Evelyn
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Ronel Janse van Vuuren
"neurie sy oor die toekoms met hartseerwals-akkoord of sag in suiwer supraan" Pragtig. Net, dis sopraan. ;-)