Jongste aktiwiteit:

ZELDA HFSTK 9

HOOFSTUK 8

Toe hulle by die huis kom en Zelda wil begin kos maak keer Paul haar: “Gaan stort en maak jou mooi, ek en jy gaan vanaand uit vir ete. Vanaand is n spesiale aand vir ons twee en ek het klaar vir ons n tafel bespreek by daardie restuarant by die rivier”.

Zelda is dadelik opgewonde, gryp vir Paul vas en gee hom n warm soen voor sy wegbreek, n slag in die rondte draai en met n soen wat sy blaas verdwyn om haar te gaan mooi maak vir die aand.

Paul wag tot sy klaar gestort het voordat hy gaan stort en aantrek en in die sitkamer op haar gaan wag. Dit voel vir hom soos n ewigheid voordat sy in die deur verskyn, prentjiemooi en slaan sy sy asem weg toe sy met n kuiltjiewang glimlag n ligte buiginkie voor hom maak om haar beloning, n lang wolwefluit, te ontlok.

Sy het n spierwit aandrok aan met n spierwit roos in die hare. haar juwele is n tieroog hanger met bypassende oorkrabbertjies.

“Sjoe ek het vanaand die mooiste meisie in die wêreld aan my sy”, is sy kommentaar.

“Mmmm, lyk self nie sleg nie, kom laat ons gaan ek kan nie wag om daardie ring te sien nie”, antwoord sy terwyl sy by Paul inhak.

Toe hulle by die restaurant kom wag n kelnerin hulle reeds in en begelei hulle na hulle tafel waar n groot bos rooi rose op die tafel staan met n bottel sjampanje in die ysbeker reeds yskoud.

Die kelnerin is n pragtige blondekoppie, die vriendelikheid vanself wat haarself voorstel as Charmaine en dadelik hulle drankbestelling neem terwyl hulle die spyskaart bestudeer. Paul bestel vir hulle elkeen n dubbelbrandewyn op ys met water en dan begin hulle die spyskaart bestudeer. Toe hulle drankies kom het hulle klaar besluit op n biefstuk gereg en plaas hulle hulle bestelling.

Vir Paul het die groot oomblik aangebreek: “Maak toe jou oë Blommetjie”, vra hy.

Zelda maak haar oë toe en haal hy die ring uit die dosie uit en sit dit langs Zelda se glas neer” Jy kan maar jou oë oopmaak’, sê hy vir haar.

Zelda sien dadelik die ring toe sy haar oë oopmaak en trek haar asem in. Sy tel die ring op en beskou dit voordat sy dit vir Paul terug gee en haar hand na hom toe uithou: “Jou voorreg om dit vir my aan te sit. O Paul dit is pragtig”, sê sy terwyl Paul die ring oor haar vinger skuif.

“Nou is ek n verloofde meisie, sjoe jou romantiese ou beer ek is vanaand die gelukkigste meisie op hierdie hele aardbol”.

In stilte geniet hulle die atmosfeer terwyl hulle hulle drankies drink en Zelda gedurig haar ring beskou. Charmaine het agter gekom dat daar iets gebeur het en toe sy hulle kos bring merk sy op: “Het hier dalk iets gebeur vanaand wat gevier moet word”.

Zelda knik haar kop en hou haar hand na Charmaine toe uit om haar ring te bewonder.

“Waow dit is pragtig julle twee. Baie geluk met julle verlowing en mag julle baie gelukkig wees”, wens sy hulle geluk en dan maak sy al die kelners bymekaar om hulle te kom gelukwens en toe te sing. Van die ander gaste sluit ook aan toe hulle hoor waaroor dit gaan en sing ewe lustig saam.

Hulle lê behoorlik weg aan die heerlike kos en is dit oor die ete wat Zelda opmerk: “Paul as ons eers getroud is wil ek darem bietjie gaan wittebrood hou. Ons sal moet kyk om iemand in diens te neem om na die besigheid om te sien in daardie tyd”.

Paul knik sy kop want hy ken al vir Zelda en weet dat sy iets in die mou voer. Zelda skep n oomblik asem: “Ek wonder as ons vir Charmaine n pos aanbied of sy dit sal aanvaar. Sy lyk vir my n oulike meisie en ek dink sy kan beter doen as kelnerin hier. Hulle lewe maar op fooitjies en ek is seker as sy n pos met n vaste salaris aangebied word sy dit sal aanvaar. Ons gaan in elk geval een van die dae die verband aflos en het ons geld beskikbaar daarvoor”.

“Nou kom ons hoor. Ons is het gegroei en om nog iemand in diens te neem kan werk”, antwoord Paul.
Dit is toe Charmaine die rekening bring wat Zelda die onderwerp aanroer: “Charmaine ons is die eienaars van “African Art and Culture”. Ons kort iemand en wil hoor of jy sal belang stel in n vaste pos by ons”.

Charmaine antwoord dadelik: “Ek sal belang stel ja. Hierdie is in elk geval net iets tydeliks totdat ek n vaste pos kan kry. Ek kan nie weggaan van hierdie dorp af nie wan dit is net ek en my ma en sy is nie baie gesond nie”.

“Nou kom gesels met ons moreoggend en dan kyk ons of ons jou n pos kan aanbied”, antwoord Zelda terwyl hulle opstaan om te vertrek.

Charmaine is in ekstase oor die groot fooitjie wat sy kry en belowe om die volgende oggend by hulle te wees terwyl sy hulle tot by die deur begelei nadat Paul die rekening met sy kaart betaal het.

By die huis gekom sien hulle n bakkie oorkant die straat voor Andries se winkel staan. Paul frons: “Lyk my jou ma het n besoeker en ons weet van niks”.

Zelda bekyk die bakkie voordat hulle ingaan: “Nogal n mooi ding ook. Ek dink my ma het dalk n vriend hier onder ons neuse en ons weet dit nie eers nie, maar as dit so is dan gun ek haar daardie geluk. Ek sal wel more uitvind as ek haar my ring gaan wys en haar vertel ons is verloof”.

By die kroegtoonbank drink hulle n laaste drankie voordat hulle kamers toe gaan en Paul sy warm passievolle soen kry wat hull altwee se emosies teen die mure uitjaag. Toe Zelda uitasem wegbreek knibbel sy Paul se oor n slag en fluister vir hom: “Nie meer lank nie en hierdie apart slapery kom tot n end. As ek nie nou loop nie eindig dit sommer vanaand nog”, en daarmee verdwyn sy in haar kamer in.

Nadat sy in haar slaapklere geklim het trek Zelda haar dagboek nader: “Liewe dagboek. Ek het vanaand verloof geraak en oor bietjie meer as twee maande is ek n getroude vrou. Waow dagboek my drome is besig om een vir een waar te word. Ek het iets in die lewe geword en word een van die dae vennoot hier en ek trou binnekort met die wonderlikste man wat daar is om saam met hom gelukkig te wees en kinders te hê wat ek kan oorlaai met liefde.

Dagboek jy weet ek het myself belowe dat ek nie saam met n man sal slaap voordat ek die dag getroud is nie. Sjoe hierdie ene raak nou n moeilik ene en ek weet nie of ek daarby gaan bly nie. My emosies is besig om hande uit te ruk. Hoe Paul onder ons warm liefkosings so kalm bly gaan my verstand te bowe maar dit is soos ek hom ken. Hy het my belowe dat hy sal help dat ek daardie belofte aan myself gestand doen en ek is trots op hom”.

Die oggend agtuur toe hulle oopsluit wag Charmaine hulle reeds in. Die onderhoud is n groot sukses en sal Charmaine die volgende oggend by hulle begin.

Charmaine is net weg toe Simon die kantoor inkom en vra om alleen met Paul te praat. Paul staan op en stap hulle eenkant toe sodat Zelda kan aangaan met haar werk.




Dit is vir my n passie om die ou spoorwegera op skrif te laat herleef en lewendig te hou want dit is n era wat verby is. Deur my spoorwegstories en verhale poog ek om hierdie era lewendig te hou. Ek skryf egter ook ander verhale en stories om aan die skrywersdrang in my uiting te gee

7 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed