Jongste aktiwiteit:

Die Boland rus in onskuld

Die Boland lê en sluimer
In hierdie skoonste môre-uur
En geen een kan dit beskryf in woord of taal.

Bo hoë en verre pieke
Ontvlam die dag in amber vuur –
Lig gebore om ten hemele te straal.
Alles wat nog donker was
Nestel koud (dog in goud se glim) –
Dis die winterson wat sag oor krans en kruine klim.

Rigting suid, waar duiwe vlug
U-draai hul oor dal en brug
Swerm hul en swenk hul, onder wolke grou en vaal.

In skemer skyn die laaste lampe
Neffens paaie en om draaie

Oor die heuwels, deur valleie
Neem hul afskeid van die nag –
Só, sonder raas en sonder klag.
Kon ek dit maar met woord verklaar
Uit duister word dié heil gebaar;
Lig vlei naak teen den en populier
Die Boland rus in stilte . . . en die onskuld van die uur.

© C. Shaw
2 Junie 2016




Ek skryf grotendeels gedigte vir ontspanning. Ek skryf graag oor die natuur, mense en hul stories en plekke wat ek besoek het. Ek doen dikwels 'n bietjie navorsing oor 'n onderwerp voor ek skryf, want ek geniet dit om te leer. Ek hoop altyd om darem 'n emosie of twee wakker te maak met dit wat te sê het, en dat julle lekker saam sal lees :-)

4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed