Jongste aktiwiteit:

Natuurpalet

As die vuurbal se strale
goud spikkels verskiet
word kosbar’ ultraviolet
oor kloof en vlakte gegiet

Sonneblom bloos skaam
in sy heldergeel raam
wyl Gesiggies en Rose
sag wieg in die wind

Eenkant blêr ‘n verlore lam
in die stoomwolk van ‘n kraal
maar as die mis eers gaan lê
sal sy pa hom wel kom haal

So ontwaak die wonder
van God’s natuurpalet
want die lewenshorlosie
tik-tik om dit snel te belet




Ek skryf om leeg te word van wêreldse struikelblokke en voller te word met die talent wat my Skepper aan my toevertrou het. So glo ek dat mens tree vir tree en woord vir woord eendag weer oorwinning sal behaal.

1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed