Winter wasem
vensterbank gevlok vol sneeu
op ‘n bitter koue, donker nag
die maan is wreed en die wind
kerf met tweelem brute krag
wildeganse vlieg gou suid
ontsnap uit winterkloue uit
boomtakke silhoeët teen horison
as hul kreunend krimp en kraak
met die hemel grysgrou geskets
sterre gevries aan wolkewand
hoendervleis en klappertand
in sout pupil ‘n traan ge-êts
wanneer vlamme kromtrek
flikkerbeelde nadersluip
op riffels van klipmuur dans
is dit soutdruppel vreugde
wat vry rondomtalie ontsnap
word dit in stortreën uitgetap
want die knetter en knars
smelt sneeuvlokkies sag
wat teen hartmure rys
en die druppende hars
stoom liefde na buite
deur wasem- hart ruite
9 Kommentare
-
-
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Winter nostalgie projek
-
Viooltjie
Dis 'n pragtige werk, Evelyn. Baie goed gedoen!
-
Kiekies
Ja, dis mooi!
-
Ronel Janse van Vuuren
"die maan is wreed" Hou baie van dit :-) Mooi gepen.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
neels
Evelyn hierdie werk is so realisties ek voel eintlik die koue aan