Brandewyn kruk
Simon,
was jou rug
sltyd so hoepelkrom …
jou woorde altyd
so roggelstom?
Was jou oë se batterye
altyd so glansloospap,
so op-en-af-irriterend
jou ‘One day at a time’
slingerstap?
Simon,
uitverkoop,
van sy rots losgebreek
en leeggestroop,
gaap my mosselhart
oor daai botteltjie
wat jou ritteltithand
nog voor die son-opkom
se weer gaan sak,
so diep wegsteek
in die toiletbak.
Simon,
jy en jou ‘One-day-at-a-time-rehabilitasie,’
vat nou maar vir jou en jou dop
ons hele kooi se spasie,
want vir my
fluit die trein al op die stasie.
Simon, ………………….
©Elizabeth Greef
4 Kommentare
-
-
neels
Altyd n plesier om Elizabeth se werk te lees
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Baie goeie beskrywings, Elizabeth. Die moedeloosheid en die moedopgee kom sterk na vore. Goed gedoen :-)