Jongste aktiwiteit:

Nouveau Riche

Nouveau Riche (Satire)

My dae van armoede en
pootuit swoeg en sweet
bultuit met die baiesukkel se
swaartrap en heuwelaf freewheel
om asem te skep is lankal verby
nou sweef ek veerlig bultuit
met my wa-benz, sigaar in die
mond lekker gemaklik agteroor
wyl die sonbesies skree maar die
air conditioner werk en die chauffeur
laat waai die wiele sing en die musiek
is vol volume in oorverdowende decibels—
Met geen langhoring bees in die kraal moet
die note se lobolo praat sê die oudstes
maar dis heel oraait vir my die lewe is
nou ‘n strange strange world master Jack—

Janetta – Helena (Babs) ©




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed