Jongste aktiwiteit:

Kom rus nou, hart

Kom rus nou, hart
Hier binne my
Kom rus nou, hart
En raak weer reg
Kom rus nou, hart
Jy verdien dit tog
Want jy, my hart
het al hard geveg




4 Kommentare

  • Toom

    Ongelukkig rus die hart nie. Nie in die werklike alledaagse lewe nie; nie in die digter se wêreld nie. Hou aan klop, hart. Veg verder na jou kort blaaskansie. Ons ken daai gevoel, maar daar's net een pad: Vorentoe! Mooi geskryf, klaar en duidelik uitgedruk. Dankie. GvT

    • Niel Cloete

      Baie dankie vir die lees van my gediggie en die mooi kommentaar. Ek het agter gekom dat ek nie altyd aan my hart dink as ek 'ja' se net om ander se harte gelukkig te nie. Dit het gemaak dat hy harder werk as wat hy moet. Die gedig was net 'n beseffing - ons moet soms onsself in ag neem.

  • Ian Raper

    Die refreinmatige "hart"-gedeeltes is bondig effektief.

  • Inkmoderator

    As 'n vers reeds kort, bondig en, soos joune, ritornel (die woord hart) is, wonder ek hoe kan mens daaraan skaaf om dit selfs sterker te maak? Meer impak te bewerk, wat nie altyd nodig is nie maar ek dink hierdie werk van jou verleen homself daartoe. Let daarop, en dit gebeur soms dat ons sagteware gebruik wat nuwe sinne outomaties met hoofletters begin, dat hoofletters net volg as dit deur 'n leesteken vooraf-gegaan is. Kom rus nou hart, [skuif komma] hier binne my – [lang aandagstreep ALT + 0150] Kom rus nou, hart en raak weer reg [oorweeg: om te herstel/ Kom rus nou hart; [komma-punt] jy verdien dit tog [kleinletter] want jý, my hart [aksent op ý ALT + 0253] het al voldoende geveg. [oorweeg om hard met voldoende te vervang] My voorstelle is aanwysings en niks anders nie. Jy mag dit gebruik of doodeenvoudig net ignoreer. Ek sal wel jou terugvoer wil lees. Groete M

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed