Jongste aktiwiteit:

Die man van nêrens

Die Man van Nêrens

Koffie vir twee, maar net een beker gevul.

Gesprekke ontelbaar, sonder stem het ons ‘n hoofstuk saam gewen.

Hier in die diepste donker speel vrees die rower.

Drome word geblus soos die grootste vuur.

Hier in my donkerste uur kom staan die man van nêrens en gee my ‘n hand vol pêrels.

Sonder stem of gebaar het ek hom gewaar.

Sou ek maar net een koffie kon drink saam met my vriend, iewers daar van nêrens.

© Ryno du Plessis, 2026




Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed