Jongste aktiwiteit:

Winter

jou koue vingers omklem my
jou winterhande laat my bibber van seer
jou koue asem waai deur my wese
winter proe koud op my tong
‘n blokkie ys sonder smaak wat afgly
In my ingewande nesmaak
deur my gebeentes sny

maar jy bring ook die smaak van lemoen
die soet-suur herinnering van sproeireën op my tong
die smaak van nartjies en vrugte van die winter seisoen
die geur van sop in die kombuis
die vra nog meer smaak van hoendersop
winterweer se geure wat warrel deur die hele huis
hande gevou om ‘n beker sop
laat jou voel jy is tuis

jy bring die warmte van samesyn voor die kaggelvuur
my kinders nou in verre lande
styf teen mekaar onder een kombers
ons skaduwees wat speel teen die muur
vingers gevou om koppies warm sjokolade
wat soos soet fluweel in jou keel afgly
ouma vertel stories van die verlede
ek hoor die klik-klik as sy brei

die kinders wat een vir een
met swaar ooglede afskeid neem
ek tevrede in die vuur staar
die geur van likeur hang swaar in die lug
as dit brand-lekker smaak afgly in my keel
‘n warm gevoel deur my sprei
die kosbare stilte van net saam te wees
saam onder die donskombers
met net die vuur wat met sy kraakstem praat
vonkies wat opskiet soos verskietende sterre
wat in ons oë weerkaats

so winter al proe jy na niks
al laat jou koue greep my ril
bring jy smake en geure
‘n soet herinnering in my lewe
so eintlik hou ek tog van jou




Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed