Skrywersblok (Opdrag 3)
as die moet van mooi-moet-sê
spartelend in my krop kom lê
draai die woorde kortom weg
en los enkel los klanke
vir grysstof se vleg
as die nou van skryf-nou-gou
paniekerig sinne wil-wil bou
keer tot cliché my toe die rug
en stol ink se vloei
onder stom se brug
sal dwang se stang
pen weg kom lei
van die kantlyn waar hy
steeks soos ʼn esel wil bly
en gedagtes hulself
wreed moet forseer
om in pixels
niksseggend te kristaliseer
© Denise van Rensburg 25/07/2018
Temasin: “’n Paar gedagtes wil-wil kristaliseer.”
(uit Emile Joubert se kortverhaalbundel Koue front)
4 Kommentare
-
Driekie
Ja, wie het nie al gesukkel met daardie liewe ou skrywersblok nie, baie oulike gedig.
-
Loretta Szikra
Jip die liewe ou skrywersblok wat ons woorde so to stilstand dwing. Baie goed geskryf Denise.
-
Viooltjie
So waar, baie goeie werk 😃
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie