Jongste aktiwiteit:

Blomme en bloed – Opdrag 3

Opdrag 3 – Inspirasie uit ‘n boek

Blomme en bloed

blomme in die voortuin platgetrap
uitgeskop met stewels alle respek
die hond het geblaf, getjank
nou stil met ‘n panga in sy kop
plaasmense in ‘n bondel
van vlegsels, vloeke en trane
gebind met koue koperdrade
verbrand met kokende water
geslaan, geskop, gesteek en stukkend gesny;

maar die eggos van haar gille
terwyl verkragters beurte neem,
haar skril geskree en hul gelag
soos elke skoot haar skoot deurboor
tot verwoes, vermink en dood,
haar moederbloed terug suig in moederaarde;
weerklink in die dowe ore van politici en polisie
net soos haar doodstil asem
en ‘n wêreld wat in stilte,
die gruweldade sien
maar die waarheid nie wil hoor nie

© Grootvissie
Julie 2018

Voetnota: “bondel alle blomme en alle bloed” Erkenning aan: Antjie Krog; gedig “Oorsprong “ uit die bundel “Januarie-suite”




4 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed