besem
wierst-warts vee hy skoon
nuwe besems maak mos so
snyende suid-ooster-windjie
skreeu om die hoekies en vries
stof is afwesig in klam sand-duin
oral staan pioenierplante en pryk
vat-bietjie-hier, vat bietjie-daar
gly sy hare oor gladde duin-gange
ver bo waai daar ‘n spierwit vliesie
agterlosige straler wat strepe trek
sag gaan hy heen met gebreekte stok
stil bly sy hare van dinamiek ontneem
©Teárlach
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Elroux
Baie mooi gedig