Vriendskap onbeperk (opdrag 3)
Al sou klanke oor ons lippe sterf
sal naguiltjies nog aanhou roep –
hulle biddend lied sal grensloos swerf
oor die laagland van jou vlaktes
tot by die hoogland van my stoep.
*
Ek sien jou staan in skemer lig
midde gras waarvan die pluime blink.
Met jou arm hoog na bo gehou
(jou hand geëts teen die laaste blou)
wis ek dat jy woord’loos na my wink.
En ons loop waar ou riviere loop
deur donker skadu’s en ’n diep vallei
tot waar ons naas mekaar kan sit –
om te staar deur elke duister nag
na daardie oostelike vergesig
wat rooigranaat in die môrelig.
*
Want soos sonskyn teenoor maanskyn staan
bly ons genote sonder stryd of waan…
en mag immer dan ons stiltes spreek
dat vriendskap verby grense breek.
© Carma Shaw
26 Julie 2018
9:42
* “Hulle bly teenoor mekaar sit, sonder woorde.”
Aanhaling uit: “drie vroue en ’n meisie” deur Hans du Plessis
14 Kommentare
-
-
Denise van Rensburg
Jinne...hoendervelmooi
-
Callie Vermeulen
Woordloos mooi Carma! Besonderse gedig.
-
Elroux
So 'n lieflike gedig Carma
-
Ryno Rossouw
Uitstekend geskryf, Carma! Wow
-
Loretta Szikra
Ja wraggies, weereens n pragtige gedig Carma.
-
Estelle
Pragtige beelde wat jy skep!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie