Alleenspraak
Sy het haar voete voor die vlamme gevly
en met vuil vuiste na binne gedraai:
“Hallo siel, jy lyk moeg
jou lig is dof
en die laaste paar dae se kruise
bloei nog oor jou bult,
maar mag ek jou vra
waar is my kind
hierdie halfgemaakte winter is lewenslank
en as jy weet waar sy wegkruip
lê haar tog styf teen my bors
want ek wil net een keer weer
vir haar sing —
you are my sunshine
my only sunshine
My wêreld is donker
sonder haar lig.”
Hallo siel, leef jy nog?
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
3 Kommentare
-
Loretta Szikra
Pragtige gedig Caren.
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Julie 2018 - OOP projek