VERGANKLIK – Opdrag 3
Stiltes breek verledes en
sonder aansien val gedagtes,
gedaantes en gebeentes
daarom het sy dit malkik gedeel
toe alles nog toe was, verkluis
in ‘n môre wat dalk nooit sou kom
met mense
sonder grense
en halfvol spense
wat klaar gepraat het
sy kon net sowel langer gewag het,
maar dan kom traag ‘n dag
waar stiltes soos gras na ‘n warrelwind
‘n hopie tyd versamel
wat weerbaar staan teen vandag
alhoewel sy nooit vir
jou ‘n beter vers sou kon skryf nie;
al het sy ook gewag vir ‘n andersom dag
want onaangepasdes soos ons
val heeltemal te maklik wanneer stiltes verbrokkel.
© 2018 Caren Kearley
Kopiereg voorbehou
* “Sy kon net sowel met die hopie gras gepraat het” uit Mentjie Kind van Pas-opkamp deur Irma Joubert
12 Kommentare
-
Viooltjie
Baie goed Caren :-)
-
Callie Vermeulen
Pragtig geskryf Caren... mooi beelde geskep.
-
Denise van Rensburg
Sien nou eerd dis n oudLarrie wat so mooi dig. My dogter matrikuleer die jaar daar.
-
Elroux
Pragtig geskryf Caren
-
Grootvissie
Dit is werklik uitstekend
-
Estelle
Baie mooi gebruik van woorde en beelde. lief dit!
-
Driekie
Baie goed gedink en geskryf, ek hou veral baie van hierdie - "waar stiltes soos gras na ‘n warrelwind ‘n hopie tyd versamel wat weerbaar staan teen vandag" - treffend gestel.
-
Loretta Szikra
Ek is mal oor jou gedig Caren. Pragtig verwoord.
-
Viooltjie
Baie goeie werk, Caren :-)
-
Ryno Rossouw
Wow! Baie goed geskryf, Caren
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, dankie vir jou deelname aan die Pendoring 2 / INK kompetisie