
Liewe Ouma
Die hoop van vashou
vir net nog ñ asemtuig
net om die afskuwelike pyn
te kan deurstaan
net nog ñ oomblik
net om ñ geliefde naby te hê
en dinge wat diep lewe
vir oulaas te sê
die deernis wat wakker
ingehok lewe in ouma se oë
wanneer ek ouma se hand vashou
en ek die trane probeer wegknip
net om staande te bly vir nou
sterk te wees vir ouma
want vir soveel jare was ouma
sterk vir ons familie
ñ rots gevestig in die palm
van ons Abba Vader
en nou om ouma so weerloos te sien
laat my besef
dat ons eintlik net
uit genade hier is
hoe moeilik moet dit wees vir ouma
om breekbaar te wees
sonder keuse
om net vas te byt
deur al die pyn en lyding
soveel dekades van gebed
dag in en nag uit
hoe ouma haar kinders
kleinkinders en agterkleinkinders
by Jesus se voete gaan neerlê
en die krag van ouma se gebede
wat ons deurentyd staande hou
die grootste geskenk was
en is reeds dit
ouma se standvastigheid
en getrouheid in gebed
wat ons almal rotsvas
in Jesus se liefde en beskerming bly dra
ons rots
en steunpilaar
iemand waarna ek opkyk
selfs in die liggaamlike stryd
is ouma ñ voorbeeld
ñ vegter en ñ rots
ñ vrou so na aan God se hart
en my wens en gebed vir ouma
is dat ons Hemelse Pappa
ouma se seer en lyding
weg sal vat
dat ouma sal weet
ouma se sterk krag
en liefde vir Jesus
sal voortleef in ons elkeen
want elke gebed
staan rotsvas in Jesus se hart
en sal ek ook voortgaan
en bid vir almal
vir ouma se part.
© 2018 C. Holder
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Loretta Szikra
Sulke mooi woorde vir n geliefde ouma Chantelle, hulle is darem so kosbaar.