Blikaspaai
om op my duin te sit
die wêreld te beskou
vergesigte te aanskou
herinneringe op te wek
dit alles vertel ’n storie
dié storie van my lewe
maar, weet ek enigiets
of is alles gebou om leuens
in vandag se AI-verhaal
is blikaspaai nogal
moeilik om te verstaan
wat lê agter alles
wat kom hierna
wie sal weet
sien ons
so baie
maar steeds
net ’n toneel
onvolledig
onafgespeel
© Tearlach.
(Blikaspaai is ‘n informele Afrikaanse uitdrukking wat beteken om iemand ‘n bietjie agter die kap van die byl te laat kyk, ‘n geheim met hulle te deel, of hulle toe te laat om agter die skerms te sien hoe dinge regtig werk.)
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.