
Rus Roes
Rus Roes
As kind was die dae eindeloos lank
en elke dag vir jou ‘n bybelse duisendjaar
wat strek van sonopkoms tot sonsondergang,
en weke het ongemerk gegroei tot ‘n maand,
en maande tot ‘n begriplose tydlose lang jaar
wat strek tot in ‘n verre vae toekoms in soos
‘n ewigheid, maar algaande het die dae
weke maande en jare vir jou soos die
bybelse duisendjaar soos ‘n dag geword
en al korter geraak met werktake en eksamens
wat skrikwekkend gou op mekaar volg, en
by die werk was die maandeinde veeleisend
want alles moes klop en afgehandel word—
As jy jou oë uitvee is baie jare verby
en moet jy begin sommetjies maak
vir jou naderende aftrede en jou
tydverdrywe begin uitleef en besig bly
want rus roes—
Janetta – Helena (Babs)©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Viooltjie
Dit is nou omtrent die waarheid, Janetta. Goed vertel :-)