Nog lente in jou hart
Liewe Dame van Bordeaux…
Met ons eerste groet was woorde min
hier en daar ‘n enkele sin –
laat jy my toe in jou heiligdom
en nooi my huiwerig om binne te kom.
Teen die gang muur hang daar vele kiekies
van toeka se onthou, mense en hul liedjies
wat kuier om jou klavier – statig in die hoek
wat nou na gelukkiger tye roep.
Jou kuns hang in die kamer
van die franse “Fat Lady” in skamele
gewaad het jy haar geklee
met jou verf kwaste lank geleë.
Op jou stoep ruik ek lente…
tussen al die blomme wat staan soos mense –
sien ek jou hart se sagte voel
wanneer jy sit op die ou stoel.
Vandag groet ons in die straat
asof ons soos ou bekendes praat,
blom in die hare glimlag jy
en sê jy’t gedink aan my.
My kompliment vir die hare
hang in die lug oor die ware
storie van chemo wat jou beroof…
met ‘n pruik het jy die lewe beloof.
Daar is nog lente in jou hart
al loer onsekerheid en smart,
dan bid ek…
Heer laat my haar lente sien
al het ek dit dalk nie verdien.
4 Kommentare
-
-

Kiekies
Mmmm dis mooi!
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig, baie dankie vir jou bydrae tot die Lente projek