Jongste aktiwiteit:

VREEMDELING IN ‘N BAR

Ek kyk hom skeef aan oor die skuimrand van my bierglas
hy sit daar
vertel my van sy kinderjare
maar ek sien daar is nog baie meer wat pla.

Hy glimlag met sy mond maar sy oë bly dood
hy vertel my van die droogte maar sy oë ween
vertel my van sy vrou en kind
terwyl hy antwoorde in sy brandewynglas soek.

Ons praat oor gister en vandag
jaag saam in sielsoog van kindwees rond
glimlag en knik net kop
terwyl die skuim verdrink in my bierglas
met sy sweet aandrok.

Ek vra hom oor sy verlede
sien hy wil vergeet
draai en groet ‘n ou vriend
wat ook antwoorde in ‘n brandewynglas soek.

Hy sê hy moet huis toe
twee ramme op die wa
ek offer nog ‘n glasie
maar sy gedagtes het klaar verdwaal.

Ek groet hom soos ek uitloop
growwe hande gewas in lewe se optel goed
en dooie oë wat vaskyk
teen ‘n brandewynglas se sweet wedloop
na die coaster op die blink gevryfde kroeg toonbank.




Gebore by die see, verlief geraak op die berge / platteland en woon nou in die Vrystaat saam met my vrou Charmaine en 11 maande dogter Katelyn. Was deel van WOES se eerste bundle uitgawe van 2008 onder my tweede naam Gerhard. Vroeg "afgetreë" en hou myself besig met my "kunswerke". Werk ook deeltyds aan my eerste digbundel. Alle hulp en raad sal goud werd wees ...Ag en dan die legal ding: alle regte word voorbehou op geplaaste werke

2 Kommentare

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed