WANNEER DIT REEN
Plons – plons
val die druppels op my rooi geverfde vensterbank
totdat dit klink soos donder eggo’s
wat my voortja in die nag.
Stap ek doelloos kamer in en kamer uit
soek ek na die koppelpunte in die nag
wat woordeloos vir my bly lag.
My hele wese is in ballingskap
en teen die kamermure
verskyn die skrif op wit en swart
jy is geweeg en nou te lig bevind.
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Baie mooi Louie