Vry Gevlerk
Vry Gevlerk.-
My bedrukte gees was ingedam
met ‘n goudvis mentaliteit van
om en om begrensde denke se
om en om futiele rondomtalie en
die glaswand ‘n impasse, gedagtes
bly gevange, maar ek breek los van
die visbak se cul-de-sac gedagtegang
en ek pak sorge, verlange en verdriet
in ‘n oorvol koffer en stap die branders
in om alles daar te gaan dump en dan
skoonkop terug te stap met ‘n nuwe
weidse blik en ‘n reguit pad tot in die
verskiet waar dit oor die horison verdwyn
my denke onbegrens bevry in die wye
ruimte van uitgestrekte grasvlaktes
en helder bloulug vry gevlerk—
Janetta – Helena [Babs]©
2 Kommentare
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Pragtig tannie Babs