Jongste aktiwiteit:

Flenter kompas

Die son hang oranje-laag in my winter boom geraamte
‘n Irriterende en bytende kol muggies spookasem oor elke gedagte

In myself gekeer
Emosioneel struikelend en ‘n hart wat begeer

Keer ek terug na die ou bouval
Waar ek snags kan rus onder die knipoog heelal

Uittand baksteenmure van ‘n eens wonderlike lugkasteel
Nou ‘n ou murasie met dak-lek-gate en ‘n stof prieel

Waarvan ons die ryp soet druiwe van saamwees eens geoes het
Hang daar nou net ‘n paar plooierige Bagus-korrels wat geswoeg het

Die bome groet mekaar met Augustus-wind blaar-gebare
Die koue wind ween om die hoekie waar ek sit met warm trane

Die laaste skewe sonstrale word met koue skaduwee-vingers verwurg
Die swart saal hang skeef teen die muur vir my nag-merrie se rug

‘n Seeroog warrelwind mik by my verby en waai my bloed-seer
Met ‘n flenter kompas en suf slaapsak word ek stadig deur die nag verteer




6 Kommentare

  • Anze

    Baie welkom op INK en jou afskop is diepseer maar pragtig vasgepen

  • Vonnie

    Blommie, baie dankie vir jou Septembermaand inskrywing hoor.

  • Inkmoderator

    Ek sien jy is nuut op die werf, en daarom wil ek net sê dat die krit by enige van jou verse daarop uit is slegs tot ontwikkeling is. Hierdie vers het diep wortels en uit pyn skryf digters gewoonlik die beste werk. Ek wonder of jou sinne nie wel effe geknip kan word sodat dit ritmies meer egalig kan wees nie. Ek gaan 'n voorstel hieronder plaas en dan kan jy op jou eie tyd daarna kyk en terugvoer gee. Die son hang oranje-laag in 'n winter boom geraamte; irriterende en bytende kol muggies spookasem oor elke gedagte. In myself gekeer – emosioneel struikelend en ‘n hart wat begeer keer ek terug na die ou bouval waar ek snags kan rus onder die knipoog-heelal. Uittand baksteenmure van ‘n eens wonderlike lugkasteel nou ‘n ou murasie met dak-lek-gate en ‘n stof prieël waarvan ons die ryp soet druiwe van saamwees eens geoes het hang daar nou net ‘n paar plooierige Bagus-korrels wat geswoeg het. Die bome groet mekaar met Augustus-wind blaar-gebare die koue wind ween om die hoekie waar ek sit met warm trane. Die laaste skewe sonstrale word met koue skaduwee-vingers verwurg die swart saal hang skeef teen die muur vir my nag-merrie se rug. ‘n Seeroog warrelwind mik by my verby en waai my bloed-seer met ‘n flenter kompas en suf slaapsak word ek stadig deur die nag verteer. Hierdie voorstel het niks aan die bewoording van jou vers verander nie maar slegs so effe aan die tipografiese aanbieding. Jy is welkom om van my te verskil en daaroor te gesels. Dit is juis waarvoor hier krit forum geskep is. Hoop om spoedig van jou te hoor. Groete.

  • Louie

    Hierdie is nou my styl gedig. Ook slae gekry oor die langasem by die krit. "Die laaste skewe sonstrale word met koue skaduwee-vingers verwurg Die swart saal hang skeef teen die muur vir my nag-merrie se rug" Sien dit wat jy hier beskryf. Sien uit om nog te lees Groete Louie

Maak 'n opvolg-bydrae

Up
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed