Jongste aktiwiteit:

Stof-spiëel

Kerswas traan druppels brand my wange
Rooi en seer strepe van verlange

Wasem teen my spieël
word stof…die droogheid van my siel

Oë vol sand en ‘n baard wat brand
Staar ek deur my spieël, dolosse in die Namib sand

Waarheen reis ek en wat hou dit in?
Waar is my skaduwee met drome?

My voete brand en my keel is hees
Hoe vêr nog na die koelte waar rus en vrede is

Hoe lank nog moet ek wag
Waar is die koel water strome waarna ek smag

Dolosse in die sand
Iewers lê ‘n karkas voos gebrand

Die son skroei hom teen my vas
Lugkasteel woorde rol oor my lippe van bas

‘n Oase in my kop
‘n Droë aspirien in my krop

Sal by die volgende water put
Die bitter pil vêrder sluk

Gedagtes in my oase van my jeug,
vroeg al deur tyd by my geroof
Vader tyd het my beter en groter dinge beloof

Die skemer kruip oor die duine
Die leeg word stadig gevul met nag geluide

Die aand word kaal
My perd vasgemaak aan ‘n paal

In die môre gloed
Sal ek vertrek, vêrder soek

Die stof in my spieël word wasem
‘n Skeermes in my hand en my baard wat brand

Weggeruk uit my dagdroom van waansin




1 Kommentaar

Maak 'n opvolg-bydrae

op
Top Ranked Users

[joinup_core_top_members columns=”1″ space=”no” max_members=”3″ behavior=”columns” columns_responsive=”predefined”]

Activity Feed
  • LT het n geregistreerde lid geword

  • Pierce het ‘n nuwe publikasie gemaak

  • Isha Welman het ‘n nuwe publikasie gemaak