Ink-lint
Jy stort water in en oor my stof-krip
Jy red my uit ‘n diep woestyn-droë put
Dik en bitter stilte, alleenwees, spelonk, yl woorde
Metamorfose
Sag, vrolik, stemme, gesange, lag en leef
Dans, speel… ingevlegde siele wat sweef
Jou liefdes-asem… Tikmasjien sleutels klik klak
Slaan nuwe liefdes woorde diep in my hart
My lippe dwaal oor jou satynsag-soet
Streel, speel, soen, soek
Wasem- woorde fluister liefde, warm, sag in jou oor
Jou oop nek en skouers ‘n lokkende reenboog oopmond spoor
Hunkerende lippe byt saggies, lyf, lok
Klop, gallop, hartklop
Ons liefde waai vry, dans soos blare in die wind
Sweef, dwarrel in jou liefde, lê in die tikmasjien se ink-lint
1 Kommentaar
Maak 'n opvolg-bydrae
Jy moet aangemeld wees om 'n kommentaar te plaas.
Anze
Dis pragtig